Struthio camelus Common Ostrich Volstruis
Vista Vistas, Okt 2018
Volstruise kom regdeur die Waterbergstreek voor (sien kaart) maar dis onduidelik hoe hulle historiese verspreiding hierdeur gereflekteer word. Tradisioneel is volstruise ’n spesie wat in oop vlaktes voorkom en die grootste gedeelte van die Waterberge is dus ongeskik vir hulle. Een plaas, genaamd Vogelstruisfontein KR69, is na die volstruis vernoem so hulle het waarskynlik hier voorgekom. Die algemeen bekende volstruise is nie die inheemse Suider-Afrika-spesie nie, maar is eerder ’n verbastering geteel vir pluimveedoeleindes. Die Volstruis is gekruis met die Somaliese Volstruis wat oorspronklik in Oudtshoorn geteel is vir gehalte vere en later vir vleis en velle.
SwebeSwebe, Sep 2015