Ardea alba  Great Egret  Grootwitreier
Grootwitreier
Dinaka, Jan 2018
Besig om vis te vang, sy-aan-sy met die Kleinwitreier.

Ongereelde besoeker. Alleenlopers kom wyd verspreid maar skaar voor in groter damme van die area. Dit is nie bekend dat hulle in die Waterberge broei nie, maar in goeie reënseisoene broei hulle in groot getalle in die riete in die nabygeleë Nylrivier se vloedvlakte en dit is waarskynlik die oorsprong van hierdie area se besoekers.
Great Egret
Poer-se-Loop, Jun 2018
Kleur van die snawel wissel van swart (broeityd) na geel (buite broeityd).

tuis       home      voëllys      next