Egretta intermedia Yellow-billed Egret Geelbekwitreier
Tholo Private Game Reserve, Feb 2023
Ongereelde besoeker. Alleenlopers en klein groepe kom wydverspreid maar wisselvallig voor in vleilande by riviere. Dit is nie bekend dat hulle in die Waterberge broei nie, maar in goeie reënseisoene broei hulle in die vloedvlakte van die Nylrivier en dit is waarskynlik die oorsprong van hierdie area se besoekers. Hulle kan onderskei word van die ander witreiers deur op te let na die tweekleurige bene – swart en geel.
Modimolle, Des 2015