Gorsachius leuconotus White-backed Night Heron Witrugnagreier
Mookgopong, Oktober 2023
Standvoël. Alhoewel beskou as skaars, maar is waarskynlik weens sy nagtelike gewoontes en skugter natuur minder waargeneem (sien meegaande verspreidingskaart). Enkel voëls of pare kom voor in beboste dele langs groter riviere waar hulle bedags tussen digte blare van oorhangende bome wegkruip. Snags verskyn hulle dan om hul prooi (vis) te vang. Monogaam, gebruik dieselfde nes en broei in die somer op ’n klein stokkiesnes op ’n tak oorhangend oor water.
Mookgopong, Oktober 2023
Welgevonden Game Reserve, Mei 2008