Alopochen aegyptiaca   Egyptian Goose  Kolgans
Kolgans
Modimolle, Aug 2018

Algemene standvoël wat wydverspreid voorkom en in 79% van die pentads waargeneem is. Kom op meeste plaasdamme voor asook langs die Mogol- en Palalariviere, maar die hoogste konsentrasie is in besproeide landbougebiede, veral in die Almavallei waar swerms van etlike honderde voëls voorkom. Hulle sosialiseer dikwels met swerms Knobbeleende. Broei dwarsdeur die jaar en gebruik dikwels Hamerkopneste.
Kolgans
Modimolle, Aug 2016

tuis       home      voëllys      next