Gyps coprotheres Cape Vulture Kransaasvoël
Dinaka, Jan 2019
Standvoël. Wyd waargeneem (in 30% van die pentads), maar meestal oor die suidelike helfte van die Waterberge. Soos verwag is die meeste waargeneem in die pentads in die omgewing van die broeikolonie by die Groothoekkranse in die Marakele Nasionale Park. Daar is egter geen verduideliking vir die lae getalle waargeneem in die noorde nie. Die Marakelekolonie maak nagenoeg een derde van die wêreldbevolking van hierdie spesie uit met tussen 700 tot 1000 pare wat jaarliks hier broei. Tydens 2013, die mees onlangse akkurate sensus, is ’n totaal van 818 broeipare getel. Broeityd is in die winter; die eiers word in April gelê en die kleintjies verlaat die nes gedurende September-Oktober. Hulle oornag – maar broei nie – op verskeie ander plekke langs die Sandrivierberghange tussen Marakele en Hanglip.
Grootfontein, Jan 2018
Dinaka, Jan 2018
’n Goedgebruikte oornagplek waar tot 100 voëls dit gebruik.
Marakele, Nov 2017
Blik op die neste teen die hange by Marakele Nasionale Park. Hierdie is die grootste broeikolonie van hierdie spesie; 700 tot 900 pare broei jaarliks hier, dis omtrent ’n kwart van die wêreld se bevolking.
Zuikerboschfontein, Dec 2017
Volwassene, sy geel oë onderskei hom van die kleiner bruinoog Witrugaasvoël.
Swaershoek, Jan 2018
100+ voëls in ’n opwaartse lugstroom.