Circaetus pectoralis Black-chested Snake Eagle Swartborsslangarend
Kamonande
Standvoël. Naas die Blouvalk is hierdie roofvoël die volopste in die Waterberge. Gewoonlik enkel op telefoonpale of swewend in die lug. Anders as ander arendsoorte, kan dit soms sweefhang gedurende die jagproses. Broeipare verdedig dwarsdeur die jaar hul gebiede en broei elke winter naby ’n vorige nes.
Vaalwater, Mar 2021
Eerste Geluk, Mar 2020
Bokpoort, Nov 2017
Kralingen, Sep 2019
Onvolwasse
Alma, Des 2019
Jongeling
Grootfontein, Dec 2017
Renosterhoekspruit, Jan 2018
Lindani, Feb 2018
Grootfontein, Jun 2018
Broei in die winter. Eiers word in Mei of Junie gelê. Hiernaas is ’n tipiese nes op die kruin van ’n doringboom met die ouer net-net sigbaar. Die nes is kleiner as dié van ander arende en die hergebruik van dieselfde nes is eerder die uitsondering as die reël.
Modimolle, Aug 2014