Terathopius ecaudatus Bateleur Berghaan
Welgevonden Game Reserve, Jul 2020
Swerwer. Die Berghaan word ingesluit in 'n paar voëllyste van eiendomme in die Waterberge, sonder enige meegaande inligting. Volgens die Voëlatlas-data van die afgelope 30+ jaar is daar geen bewys dat hulle hier voorkom nie. Hulle word vermoedelik met die eerste oogopslag in vlug verwar met die Rooiborsjakkalsvoël, wat die verwarring kan verduidelik.
Groot was die verrassing dus toe Hamish Rodgers in Julie 2020 hierdie volwasse wyfie in Welgevonden gesien en gefotografeer het.
Waarskynlik dieselfde wyfie 'n week later in dieselfde area.
Welgevonden Game Reserve, Jul 2020
Presumably the same female seen again a week later in the same area.