Circus ranivorus African Marsh Harrier Afrikaanse Vleivalk (Paddavreter)
Swerwer. Slegs een waarneming is die afgelope 20 jaar in die Waterberge opgeteken, en wel een voël naby Alma in Jul 2015. In die sestigerjare was hulle algemene standvoëls wat selfs hier en op die vloedvlakte van die Nylrivier gebroei het, maar om onbekende redes het hulle uit hierdie gebied verdwyn.