Grus paradisea   Blue Crane  Bloukraanvoël
Bloukraanvoël
Alma, Jul 2020

Standvoël. In die suidelike derde van die Waterberge kom ’n geïsoleerde bevolking van ongeveer 40-50 voëls voor. In die winter trek hulle saam in een of twee swerms op besproeiingsplase in die Alma-omgewing maar in die somer breek hulle op in pare vir die broeiseisoen. Personeel van LEDET monitor reeds sedert 2001 die winterswerm en die getalle het gewissel tussen 71 (2007) en 32 (2017). Daar is oor die laaste dekade ’n egalige afname in getalle. Daar is oor die jare 42 kuikens in die Waterberge met gekleurde ringe toegerus. Een wat in 2004 gering is, was in 2018 steeds in die omtrek (sien hieronder). Nog een was ’n slagoffer van kraglyne en is naby Newcastle, KZN gevind, terwyl twee in 2014 naby Devon, Gauteng gesien is. (Inligting met dank aan Joseph Heymans).
Bloukraanvoël
Alma, Jul 2020
Blue Crane Waterberg distribution
Bloukraanvoël
Alma, Jul 2020

Swerm Bloukraanvoëls op 1 Julie 2020 naby Alma, 57 in totaal waarvan 11 jongelinge was en twee het gekleurde ringe gehad: die een links (nou 16 jaar oud) was in Feb 2004 as kuiken gering, 20 km na die weste; die een regs (nou 14 jaar oud) was in Feb 2006 as kuiken gering op Rietvly 5 km na die weste.
Bloukraanvoël
Alma, Okt 2019
Bloukraanvoëls
Alma, Okt 2019

Die 50 voëls op hierdie foto (met die enkele Lelkraanvoël bo in die foto) verteenwoordig waarskynlik die hele Waterberg-bevolking.
.
Bloukraanvoël
Dinaka, Jan 2019
Blue Crane
Alma, Aug 2004
Blue Crane flock
Alma, Jun 2018

Deel van ’n groep van 20 voëls; die voël met die gekleurde ring op regterhand was 14 jaar gelede as kuiken gering (Feb 2004) deur Kobus Pienaar, ongeveer 20 km wes vanaf hiervandaan.
Blue Crane
Alma, Aug 2007
Blue Crane nest
Welgevonden, Okt 2008
Blue Crane eggs
Alma, Sep 2007

tuis       home      voëllys      next