



Die Engelse benaming is nie om dowe neute nie, hierdie voëls word soos magnete aangetrek na ongebruikte skure soos hierdie een op die plaas Vier-en-twintig Riviere. As die boer 'n neskas binne die skuur teen 'n muur vassit, sal die voëls jaar na jaar daar broei en het die boer gratis plaagbeheer. 'n Analise wat gemaak is van die mis in hierdie skuur het 440 reste van hul prooi opgelewer waarvan 85% knaagdiere was (246 items) en skeerbekmuise (126 items). Op hierdie plaas is skeerbekmuise en klimmuise die gewildste op die spyskaart, maar dit sal wissel van plek tot plek.