Bucorvus leadbeateri   Southern Ground Hornbill  Bromvoël
Bromvoël
Mabula Game Reserve, Mar 2019

Dit word aanvaar dat hierdie langlewende bedreigde spesie histories in die Waterberge voorkom, maar daar is geen onlangse rekords om dit te bevestig nie. Die Mabula Bromvoëlprojek (www.ground-hornbill.org.za) het in 2012 twee voëls in die Reservaat vrygelaat, een in gevangenskap uitgebroei en die ander 'n gif-gerehabiliteerde mannetjie. Hulle vorm die kern van die groep van vyf voëls wat in vryheid in hulle leef op Mabula en omliggende eiendomme. Daar word gehoop dat hulle gedurende die somer van 2019-2020 sal begin broei. Hulle roepe: Wyfie: “Ek gaan nou, ek gaan nou, t’rug na my familie” Mannetjie: “Gaan! Gaan! Jy sê dit al vir 'n lang lang tyd”.
Bromvoël Waterberg verspreiding

tuis       home      voëllys      next