Oriolus oriolus Eurasian Golden Oriole Europese Wielewaal
Mabula Game Reserve, Des 2020
Nie-broeiende somerbesoeker vanaf die Palearktiese gebiede, hier teenwoordig tussen Nov en Mrt. Skaars; waarneming van enkele voëls yl verspreid, meestal aan die grense van die Waterberge (waargeneem in 5% van die pentads). Verkies beboste gebiede.