Myrmecocichla monticola Mountain Wheatear Bergwagter
Swerwer? Vier rekords aangeteken van hierdie hoëveld/karoo-spesie op die hoogliggende oop ruimtes in en om die Marakele Nasionale Park tussen 2011 en 2017 gedurende Apr asook Sep-Nov. Dit kan waardevol wees om vas te stel of dit swerwers is en of daar, soos met die Bergklipwagter, 'n afgesonderde kolonie van hierdie spesie is.