Waterberg history
Boeke

Hierdie deel word gewy aan Waterbergstories. Dit sluit verwysings en rekenaardrukstukke in van gepubliseerde en privaatgedrukte familiegeskiedenisse wat ons oraloor raakloop, asook verhale van gebeure wat in die Waterberge opgeteken is. Verdere bydraes word verwelkom.

Wildflowers of the Waterberg

Richard Wadley (2023): Waterberg Ways

The large migration, mostly of the younger generation, to the cities, from the 1970’s onwards, was spurred to a large degree by the increasing opportunities for employment and availability of education and entertainment. The result was that the South African “platteland” until recently remained largely unexplored and unexploited by city dwellers. For the past 25 years there has been a dramatic shift away from cattle farming in the Waterberg with the introduction of large quantities of game into farms formerly utilized almost entirely for food and tobacco production. Lodges and other accommodation, including holiday farms, gradually became more readily available thus assisting to facilitate the expanding game breeding industry. The result of all this was an affluence hitherto unknown to the Waterberg region, leading to the creation of many new ventures and industries and thus affording the region a welcome injection of cash and know-how and at the same time fuelling general interest in the region as a whole. These events, in turn, stimulated a largely dormant information sector leading to a rapid increase in books, periodicals and minor publications now appearing more regularly and thus creating renewed interest in the Waterberg and its offerings while at the same time satisfying the curiosity of prospective local and overseas visitors.

Richard Wadley’s well presented, easy to read, highly entertaining and well-researched book includes fascinating stories and anecdotes narrated or written by locals past and present, which dovetails nicely into the already available literature on the Waterberg and its people and contributes largely to an up to now seemingly under-explored niche. Waterberg ways is not a novel or storybook as such, nor does it attempt to be an historical treatise; the stories being too wide and varied. Perhaps it can be best described as adding another important piece to the puzzle which is the Waterberg.

Braam Beneke, May 2023

Wildflowers of the Waterberg

Lyn Wadley, Linda Willemse, Kerry Baytopp, Jonathan Swart, Joseph Heymans, Warwick & Michèle Tarboton (2021): Wildflowers of the Waterberg

Wildflowers of the Waterberg is an immensely attractive and user-friendly guide to the flora of this extraordinary area. Clear photographs of whole plants plus close-ups of flowers, combined with an accessible text, make for easy identification. No nature-lover visiting the Waterberg should be without a copy.

John Manning, 2021

A sample of the book can be seen here.

Waterberg o Waterberg

Aletius Botha, geredigeer deur Pieter Prinsloo (2021): Waterberg O Waterberg! Vergete stories uit die Waterberg. 

Hierdie bundel is ‘n samestelling van volksvertellinge (kontrei stories). Die vertellinge word gegroepeer in agt hoofstukke en in elke hoofstuk word die vertellinge gevleg deur die land se geskiedenis en internasionale gebeure, en gevleg deur die lewenswyses van mense in die kontrei van toeka tot nou.

Hierdie bundel is nie ‘n geskiedenis verhandeling nie, en die verwerker maak mildelik gebruik van fiktiewe dialoog, en sekerlik fiktiewe karakters. Die gebruik van hierdie tegniek word beskryf in die voorwoord. Daar word ook gebruik gemaak van fotos wat die eras waardeur die vertellinge beweeg illustreer, maar wat nie noodwendig van gebeure in die Waterberg is nie.

Kontrei stories is ‘n belangrike komponent van ‘n volk se kulturele herkoms en geskiedenis. Hierdie bundel sal dus aanklank vind by mense wat belangstel in kultureel historiese vertellinge.

Johann Coetzee, November 2021

Veldboek Gedigte

Johann Lodewyk Marais (2020): Veldboek: gedigte.  Imprimatur Uitgewers. 

An extract from the book:

Bosveldbloubos
Diospyros lycioides subsp. guerkei

Jy sê ek moet 'n gedig skryf
oor hierdie hemelse bessie.
Het die gode om nagvure
hieroor gepraat? In die oksels
van blare die geslag sien hang
met helmknoppe digharig?
Die kroon roomkleurig en vrug rooi
in die bos gewaar? Het hulle
die goddelike oes geken
en saam met die wilde gefuif
snags dronkmansliedere oor dié
ronde, lustige drag gesing?

Waterberg Echoes

Richard Wadley (2019): Waterberg Echoes. Protea Book House.

Having just completed reading the 832 page Waterberg Echoes from cover to cover I am over-awed by the task that Richard Wadley set himself 15 years ago, and which he has now successfully accomplished. Namely, to put on record, most eloquently, the diverse and complex but equally fascinating history of the Waterberg. To use Richard's own words “Its history is replete with stories of prejudice, suffering, struggle and misfortune, exploitation of the weak by the powerful, of the ignorant by the cunning, and of the oppressed by the rulers. Yet among them are accounts of outstanding selflessness, courage in adversity, endurance, faith, perseverance and hope”. Richard traces the innumerable threads that build the story from interviewing many long-time residents in the region, by sifting through old diaries and journals, and combing the relevant archives at museums, universities, churches, town municipal records and minutes, newspapers and gazettes, and more.

The 20 chapters start with a review of the prehistory of the Waterberg, this section written by Lyn Wadley, a renowned archaeologist who has been closely involved in archaeological research in the region. It follows with a review of the complex history of settlement and displacement of Sotho, Ndebele, Matabele and other groups, especially along the Waterberg's eastern boundary, and then the arrival of the early trekkers into the region (Chapter 4 'The Wild West'). And so events unfold, the surveying and registering of farms, the monopolisation of great chunks of the Waterberg by speculators, principally overseas companies staking their claim to perceived mining opportunities, the birth and growth of Modimolle, Vaalwater, Lephalale and other towns in the region, the history of the missions and churches, and the tragedy and long-term consequences of the Anglo-Boer war. There is an insightful chapter on how malaria, tsetse-fly and bilharzia have played their part in the evolving settlement of the Waterberg and another on its geology which spells out why the wealth of mineral deposits that surround the Waterberg are essentially absent here. As one turns the pages one is constantly aware of the turbulence of the times.

The book is beautifully illustrated with innumerable, meticulously drawn maps, photographs and line drawings. Many photographs capture the imagination; there is an undated one, for example, showing a nagmaal scene with a dozen or more outspanned wagons drawn up in the bare veld around the original building of the Gereformeerde Kerk in Modimolle, and another from 1925 showing the arrival of the first train in Vaalwater with flags flying, strings of bunting and crowds of onlookers.

It is not only a reference book par excellence for the Waterberg but also a book that you can dip into anywhere and become absorbed. Thank you Richard for creating this precious asset for us Waterbergers. It is a book that should be on the shelf of every home in the region.

Warwick Tarboton, October 2019

Leon Rousseau (1974): Die Groot Verlange – Die verhaal van Eugene Marais. Translated as The Dark Stream. The story of Eugene Marais.

Marais se naam is sinoniem met die Waterberg en die verhaal van sy aankoms alhier - "The road to Waterberg" (dit kan hier afgelaai word) - is een van sy bekendste werke. Leon Rousseau se boek daarnaas is weer 'n sameflansing van die tien jaar wat Marais hier deurgebring het. Johann Lodewyk Marais se geskrewe stuk van 2009, sluit ook hierby aan.

Marais het op die ouderdom van 36 (1906 of 1907) die stad verlaat vir die Waterberge, waarskynlik aangevuur deur die aanloklikheid van prospekteerwerk, aangesien hy hom tuisgemaak het op die plaas Doornhoek buite Naboomspruit waar 'n aantal prospekteerders besig was om 'n tinneerslag te ondersoek. Hier het hy n prospekteerderslissensie bekom, saamgespan met 'n ander prospekteerder en 'n pondok opgerig om in te woon. 'n Trop bobbejane wat in 'n nabygeleë ravyn gebly het, het sy belangstelling geprikkel en mettertyd die onderwerp gevorm van 'n langdurige studie waarvan die resultate jare later gepubliseer is onder die titel "Die siel van die Aap".

Toe 'n Johannesburgse mynmaatskappy egter in 1908 die plaas oorneem, was hy verplig om aan te beweeg. Gys en Maria van Rooyen, wat in die omgewing op die plaas Rietfontein geboer het, het hom genooi om by hulle op die plaas te kom woon. Rietfontein, waar die bekende Die Oog en ander warmwaterbronne vandag nog is, het vir die grootste gedeelte van die tyd wat hy in die Waterberge deurgebring het, vir hom as basis gedien. Mettertyd het hy 'n bekende figuur in die Waterberge geword en het hy ondermeer vir ongeveer twee jaar gedien as mediese beampte vir die Doornfonteinmyn. Terselfdertyd het hy ook omgesien na die mediese behoeftes van die boerefamilies in die omgewing. Hy het hier 'n verskeidenheid diere soos bobbejane, vlakvarke en krokodille aangehou en ook tusssenin 'n bietjie met beeste en perde geboer. Hy het dikwels saam met vriende gaan jag en ook in hierdie tyd verskeie verhandelinge en gedigte laat publiseer in koerante en tydskrifte, terwyl hy steeds voortgegaan het met die bestudering van bobbejane en ander diere. Hy het ook op Rietfontein 'n intensiewe studie gedoen van rysmierkolonies en sy bevindinge in die Huisgenoot en Die Burger gepubliseer onder die titel "Die Siel van die Mier". Hierdie studie het later die onderwerp geword van 'n klassieke geval van akademiese plagiaat toe 'n Hollandse wetenskaplike in 1926 dit feitlik woordeliks gepubliseer het onder sy eie naam.

Marais het ook vir ongeveer ses maande by Gys se broer Piet gewoon op die plaas Purekrans waar die bedreigde broodboomspesie Encepholatus eugene-maraisii, wat na hom vernoem is, gevind kan word. Marais se volwasse lewe is gekniehalter deur 'n toenemende afhanklikheid van morfien. Gedurende sy laaste jare in die Waterberge, toe hy begin probleme ondervind om hierdie middel te bekom, het onttrekkingsimptome hom fisies en geestelik begin aftakel. Sy seun, wat hiervan te hore gekom het, het hom op Rietfontein kom haal en stadtoe geneem. So het Marais aan die begin van 1916 die Waterberge verlaat, om nooit weer terug te keer nie.

Die kaart hiernaas dui die gebied aan waar Marais die grootste gedeelte van sy verblyf in die Waterberge deurgebring het.

Eugene Marais books

Eugene Marais books

Eugene N Marais (1969): The Soul of the Ape. Human & Rousseau.

Eugene Marais was ‘n komplekse mens met baie intellektuele fasette. Hy was ‘n digter, joernalis, advokaat, hipnotiseur en natuurkundige. Hy het vloeiend in Afrikaans geskryf oor wetenskaplike onderwerpe toe Afrikaans nog ‘n jong taal was. Maar Marais was ook hopeloos aan morfien verslaaf.

Marais is in 1936 oorlede. Hy het reeds voor 1910 veld veldwaarnemings oor bobbejane se sosiale gedrag gedoen, en was teen 1922 besig om aan die manuskrip van The Soul of the Ape te werk. Hierdie onvoltooide manuskrip is in 1969 gepubliseer, 33 jaar nadat hy oorlede is.

Hy het Darwin se tegniek gebruik om die gedrag van laer orde diere te beskryf, en om dan daarmee menslike emosies te probeer verstaan. (Charles Darwin, The Descent of Man and Selections in Relation to Sex, Ch III and IV, 1871).

Hierdie manuskrip moet gesien word as ‘n vroeë poging in wat vandag bekend sal wees as evolusionêre sielkunde. Dit is egter nie analitiese ontleding van bobbejane se psige nie, eerder ‘n diepgaande poging om die mens se psige te verstaan. Ons kan maar net spekuleer tot welke mate Marais probeer het om homself te verstaan.

Johann Coetzee, Julie 2018

Eugene Marais

Leon Rousseau (1984): Eugene N. Marais – Versamelde Werke. 2 volumes, 1296 bladsye. Van Schaik: Pretoria.

'n Versameling van Eugene Marais se werke, alhoewel nie noodwendig volledig nie. Diegene wat in die Waterberge belangstel, sal die hoofstukke "Die Siel van die Mier" (waarin Marais se navorsing op Rietfontein oor termiete gedokumenteer word) en "The Soul of the Ape" rakende sy navorsing oor bobbejane op Doornhoek, interessant vind. Die hoofstuk "The road to the Waterberg" dek hoofsaaklik Marais se korter werke en gedigte, met die Waterberge as agtergrond.

Liz Hunter

Elizabeth Hunter (2010): Pioneers of the Waterberg – a photographic journey. 128 bladsye. Selfpublikasie.

Die skryfster gebruik ou familiedagboeke en foto's om haar familiegeskiedenis, vanaf haar grootvader se koms na die Waterberge in 1886, tot op die huidige, na te spoor. Dit bied 'n fassinerende storie van die eerste setlaars se dag tot dag bestaan en word ryklik geïllustreer deur 'n verskeidenheid foto's. Sommige hiervan is meer as een honderd jaar oud.

Lex Rodger book

Lex Rodger (2000): Vintage Waterberg and Timeless Waterberg. Selfpublikasie.

Die skrywer het vir baie jare gewoon op die familieplaas Stepping Stones (wat nou deel vorm van die Entabeni Natuurreservaat) en hierdie twee publikasies verskaf 'n rykdom inligting oor alledaagse gebeure, buurplaaseienaars, Waterbergstaaltjies en veral oor sy eerste liefde, naamlik die bome van die omgewing.

Clive Walker

Clive Walker & Koos du P Bothma (2005): The soul of the Waterberg. 187 bladsye. Waterberg Publishers & African Sky Publishing: Johannesburg.

'n Ryklik geïllustreerde boekstawing van die geologie, geomorfologie, argeologie, kultuurerfenis en fauna en flora van die Waterberge, wat afsluit met 'n gedetailleerde weergawe van Eugene Marais se lewe en werke tydens sy tienjarige verblyf in die Waterberge.

Swaershoek in die Waterberge

Louis Trichardt (2016): Swaershoek in die Waterberg – Afrikanner erfenis of niemandsland? Selfpublikasie.

Die outeur is 'n vyfdegenerasie afstammeling van die bekende Voortrekker met dieselfde naam. Sy pa of moontlik sy oupa, het in die Enslinfamilie, een van die vyf families waaruit die 'Jerusalemgangers' bestaan het, ingetrou. Hierdie groep het Marico gedurende 1858 verlaat op 'n reis wat beplan was om hulle na die Heilige Land te neem. Toe hulle egter die Nylrivier bereik, volgens oorlewering so deur hulle genoem, het hulle besluit om in daardie omgewing oor te bly- sommiges naby Nylstroom - terwyl ander verder na die weste versprei het. Die Enslins het hulle op Renosterkloof, aan die voet van Trichardspas gevestig. Hulle afstammelinge is steeds daar woonagtig. Die boek verhaal die onstuimige gebeure in die lewens van opvolgende geslagte uit hierdie familie. Die naam Swaershoek is so genoem, na aanleiding van die vyf swaers wat die Jerusalemgangers verteenwoordig het.

Renosterkloof signboard

PLAASNAME - Heelwat van die amptelik-geregistreerde plaasname in die Waterberge is vernoem na diere. Daar is bv sestien (soos die een hiernaas) wat na die renoster vernoem is, gewoonlik gekoppel aan -kloof, -kop, -hoek, of -hoekspruit, -spruit, -drift, ensomeer. Een-en-twintig plase gebruik die woord buffel in die naam en bo-aan die lys verskyn hartbees of hartebees wat in vier-en-twintig plaasname gebruik word.

Ander dierename word ook gebruik, alhoewel in 'n mindere mate. Hieronder val eland (sewe), gemsbok (ses), leeu, zebra en duiker (vier elk), olifant en rietbok (drie elk) en steenbok (een). Dit wil voorkom dat toe die Waterberge se plase gedurende die laat tagtiger jare opgemeet en van name voorsien is, leeus en olifante reeds feitlik uit die distrik verdwyn het, maar dat renosters en buffels nog redelik volop was..

Boomname kom geredelik voor, met boekenhout en tamboti bo-aan die lys met vyftien, geelhout vier, vyeboom drie en maroela een keer. Soos te verwagte, inaggenome die feit dat die Waterbergomgewing meestal baie sanderig of rotsagtig is , kom name met sand of klip heel dikwels voor. Sestien plaasname bevat die woord sand- (zand-) en sestien ander die woord klip-.

Miskien is die vreemdste plaasnaam wat in die Waterberge voorkom Kiss-me-quick and-go-my-honey 794 LR wat net Noord van van die Kloofpas geleë is. Die storie hieragter is vervat in RF Odendaal se boek "Noord Transvaal op Kommando", hieronder genoem.

Roelf Odendaal (1995): Waterberg op Kommando, 1899 - 1902. Selfuitgewer, Nylstroom.

Hierdie boek handel hoofsaaklik oor die Waterbergers se betrokkenheid by die Tweede Vryheidsoorlog. Daar word breedvoerig aandag gegee aan die rol van Genl. Christiaan Beyers asook ander figure soos o.a. Jan du Plessis de Beer, Freek en S.P Grobler en Gen. Hendrik Schoeman. Daar is ook hier en daar verwysings na Eugene Marais wat, natuurlik vir die duur van die oorlog, in die buiteland was. Die verskroeide aarde beleid deur die Engelse toegepas asook die Konsentrasiekamp te Nylstroom ontvang ruim dekking.
Hierdie boek is later in 2002 opgevolg deur 'n aansienlik lywiger boek deur dieselfde outeur, getiteld Noord Transvaal op Kommando (sien opsomming elders) waarin die kwessies wat in Waterberg op Kommando aandag kry, baie breedvoeriger behandel word.

Braam Beneke, April 2018.

R.F. Odendaal (2000): Noordtransvaal op Kommando. Jotha Drukkers

In hierdie redelik lywige verhandeling, poog die skrywer om die deelname van die burgers van die ou Noord-Transvaal aan die boereoorlog van 1899 tot 1902 te herkonstrueer. Hy bespreek gewaande teenstrydige opvattings oor die optrede van sommige individue, grootskaalse verdeeldheid onder die boerebevolking, die rol van verraaiers, die verskroeide aarde beleid, die internering van vroue en kinders in konsentrasiekampe, asook na-oorlogse bitterheid en armoede. 'n Groot deel van die boek handel oor die invloede van individue, veral die boereleiers, soos Generaals Beyers, Viljoen en Botha.

Braam Beneke, April 2018.

R.F. Odendaal (2000): Waterberg word gekersten. Selfpublikasie (tegnies bygestaan deur Jotha Drukkers).

Die skrywer poog om die demografie van die Waterbergomgewing gedurende die middel tot laat 19de eeu te bepaal. Die doel hiervan was om die pogings van verskillende kerkgenootskappe en individue, om die wydverspreide plaaslike inwoners te kersten, in perspektief te stel. Hy maak ondermeer gebruik van aannames afgelei van verskeie amptelike en nie-amptelike bronne en ander beskikbare materiaal. Midde-in hierdie aannames staan die gereelde oorloë en gevegte tussen plaaslike inheemse volke, opeenvolgende droogtes en oorbeweiding wat aanleiding gegee het tot 'n mate van nomadisme. Voeg hierby die verwoestende Anglo-Boere-oorlog teen die draai van die eeu en Brittanje se verskroeide aarde beleid wat verder bygedra het tot die ontwrigting van die reeds yl bevolking, beide swart en wit. Hy glo dat slawerny, toegepas deur van die sterker stamme, op daardie tydstip ook 'n wesenlike invloed gehad het op die populasiedemografie van die Waterberge. Dit alles bring die skrywer tot die gevolgtrekking dat die Waterbergomgewing vir die grootste gedeelte van die 19de eeu, "woes en leeg" was.

Braam Beneke, April 2018.

William Taylor, Gerald Hinde & David Holt-Biddle (2003): The Waterberg: the natural splendours and the people. Struik, Cape Town.

Hierdie koffietafel-publikasie bevat sleutelaspekte rakende die geskiedenis, kultuur, omgewing en biodiversiteit van die Waterbergplato en omliggende gebiede.

Ian Finlay (2011): Welgevonden: An African Wilderness Reborn. Firefinch Publications, Dublin.

Die outeur, ook 'n gerekende fotograaf en inwoner van Welgevonden, het met sy keuse van foto’s die skoonheid van hierdie ikoniese reservaat in die Waterberge saamgevat.

Clive Walker (2016): Lapalala Wilderness in the Waterberg. Jacana Media, Johannesburg.

Hierdie koffietafel-publikasie handel oor die ontstaan en ontwikkeling van die Lapalala Wildernis Wildreservaat.

E.E. Burke (ed) (1969): The Journals of Carl Mauch 1869-1872. National Archives of Rhodesia, Salisbury.

Hierdie publikasie bevat die oudste geskrewe verslag van 'n reis oor die Waterbergplato, gedurende November/Desember 1869, bladsy 25-35.

Sas Kloppers (2013): A Dictionary of the Artists of the Waterberg. Dream Africa Productions, Bela-Bela. www.dreamafrica.ws.

Voorbeelde van diewerk van 'n uitgebreide groep kunstenaars wat in die Waterberge gewoon en gewerk het, is in hierdie publikasie vervat.

Chris Wagner (2010): Waterberg-Bosveld – Prikkelgids vir Veldbewaring. Hoogland Uitgewers / PNA Bela Bela.

'n Beknopte, stimulerende veldgids gebaseer op sy ervaring as boer en omgewingsbewaarder oor die afgelope 45 jaar in die Warmbad-omgewing.

Maria M van der Ryst (1998): The Waterberg Plateau ... in the Later Stone Age. BAR International Series 715. Archaeopress, Oxford, UK.

Sover die enigste omvattende professionele publikasie oor die geskiedenis van die mense van hierdie area tot met die aankoms van die Blanke nedersetters.

Drie privaatpublikasies oor die ontstaan en groei van die gemeentes van die NG Kerk en die Hervormde Kerk in Modimolle, Vaalwater en Melkrivier vanaf 1865 tot hede.

C. Louis Leipoldt (1937, 1980): Bushveld Doctor. Human & Rousseau, Cape Town.

'n Outobiografie oor die loopbaan van die eerste Mediese Inspekteur van Skole van Transvaal in die periode na die Eerste Wêreldoorlog. Leipoldt was 'n befaamde medikus, historikus sowel as Afrikaanse digter en skrywer. Hy het vele plattelandse skole in die Waterberge en Bosveld besoek en hy beskryf die primitiewe, onhigiëniese en aftakelende siektetoestande wat hy daar beleef het.

Stephanie Rohrbach (2013): Healing Rhinos and other souls: The Extraordinary Fortunes of a Bushveld Vet. Privately published. www.peppertreechronicles.com.

'n Gesellige, amusante relaas oor die loopbaan van 'n geliefde en hoogs gerespekteerde veearts, wyle dr Walter Eschenburg. Die beste deel van sy loopbaan oor 50-jaar het hy spandeer aan die behandeling van huisdiere asook wilde diere in en om die Waterberge.

Rupert Baber (ed) (2009): The Waterberg Meander, Volume 1. Waterberg Biosphere Reserve, Vaalwater, Limpopo.

'n Eerste beknopte reisgids tot die belangrikste omgewings-, geologiese -, argeologiese - en kulturele besoekpunte aan die oostelike deel van die Waterbergplato. Ook met gedetailleerde kaarte en beskikbare akkommodasie.

Pamela Oberem (2009): The Lazarus Funeral Parlour. Umuzi Press, Roggebaai.

Die alombekende veearts skuif haar beroep opsy om 'n vermaaklike novelle te skryf oor die moraal, intriges en skandale van 'n tipiese dorpie in die Waterberge.

Lee Gutteridge (2008): The South African Bushveld – a field guide from the Waterberg. Southbound, Johannesburg.

Die skrywer, in Engeland gebore, het as tiener na Suid-Afrika gekom en was ten tyde van die publikasie van hierdie boek, reeds ongeveer vyf jaar saam met sy gesin woonagtig op die Entabeni Safari Bewaringslandgoed waar hy dan ook werksaam was.

Hierdie goed-geillustreerde veldgids bevat bykans 1800 kleurfoto's en is toegerus met bladsykleurkodes vir verwysing na enige afdeling om die leser sodoende maklik en vinnig na die gevraagde bladsye te neem op sy ontdekkingstog van die omgewing se skatkis van fauna en flora. So, byvoorbeeld , kan die verskeidenheid blomme maklik nageslaan word deur slegs die kleurkodes te volg terwyl die afdeling met betrekking tot die bome wat in hierdie omgewing voorkom, 'n kaart bevat wat blaardistribusiepatrone asook relevante inligting oor ander aspekte soos blaarvorm en -grootte insluit.

Die gids sluit bydraes in deur kundiges oor, ondere andere, amfibieë, voëls en reptiele.



Braam Beneke, April 2019.
Voëls by die Oog

Rudolph Oosthuizen (2018): Voëls by die Oog.

Rudolph Oosthuizen is ’n inwoner van Die Oog Aftreelandgoed. Hy het ’n passie vir voëls en is ook ’n uitstekende voëlfotograaf. Sy boek “Voëls by die Oog” het soos die titel aandui sy mede-inwoners van die aftreelandgoed as teiken gehoor. Dit is bedoel om ’n praktiese gids te wees vir natuurliefhebbers wat graag meer te wete wil kom oor tuinvoëls asook hoe om hulle te lok en te bevriend. Voëls by die Oog verskil heeltemal van die gewone veldgids vir voëls. In ’n lekker gemaklike verteltrant gee Rudolph raad oor hoe om voëls na jou tuin te lok met voëlvriendelike plante, die regte kos, planne vir die vervaardiging van voerders en die voorsiening van kunsmatige neste. Hy gee ook planne oor hoe om voëls mak te maak vir makliker bestudering. Bedreigings soos gif en huiskatte kry ook aandag. Die fotografie van voëls word breedvoerig bespreek. Al is die boek gemik op inwoners van die Oog is die oorgrote meerderheid van die inligting van toepassing op die Waterberge as geheel en selfs verder.



Chris van Zyl, August 2018.
Soul of the Leopard

Bosveld Jacobs (2018) Soul of the Leopard. 290 pp. Privately published.

Hierdie publikasie is ryklik geïllustreer met foto’s van dooie luiperds, hetsy oor die skouer gedrapeer of onder die kolf van 'n jagter. As jy wil weet hoe om 'n luiperd hier in die Waterberge dood te maak, en as jy nog altyd gedink het die enigste goeie luiperd is 'n dooie luiperd, is hierdie net die boek vir jou.


Warwick Tarboton, July 2019.
Eugene Marais

VE d'Assonville (2018) Eugène Marais en die Waterberge. 76 pp. Marnix 2008.

  

Sedert Eugène Marais se afsterwe op 65-jarige ouderdom in 1936, het daar al soveel boeke, geskrifte en tydskrifartikels oor hom verskyn dat 'n mens die gevoel kry dat bykans alles wat van hierdie vermaerde digter, koerantman, natuurkenner en medisyneman bekend is, reeds iewers deur een of ander skrywer gedek is. Tog het die skrywer van hierdie boek, veral in die hoofstukke wat handel oor "Die laaste Mapelamoorde" en Marais se interaksie met die opperhoof van die Hereros, daarin geslaag om nuwe insigte na vore te bring. D'Assonville, afgetrede teoloog en professor aan die (destydse) Universiteit van Potchefstroom, se boek, "Eugène Marais en die Waterberge", wat in 2008 verskyn het, sou moontlik veral vir die jonger leser interessant en leersaam wees en dus dalk ook vir hulle dien as prikkel om meer van die Waterberge en sy ryke geskiedenis te wete te kom.


Braam Beneke, Maart 2020.




Die verwaarloosde huisie op Rietfontein, by Die Oog, waar Eugène Marais volgens oorlewering in afsondering gewoon het terwyl hy geskryf het.


tuis      home     terug