Kewers, orde Coleoptera, is die orde met die mees uiteenlopende insekte in die wêreld : ongeveer 400 000 spesies is reeds beskryf en nagenoeg ‘n miljoen meer wat nog ontdek en beskryf moet word. In Suid-Afrika alleen is daar moontlik tussen 10 000 en 20 000 spesies. Die spesies wat hieronder gelys en geïllustreer is, is maar net ‘n klein deeltjie van die kewers wat in die Waterberg voorkom. Deur die illustrasies mag meer mense geinspireer word om nóg rekords en fotos in te stuur van hierdie ekologies belangrike insekte.
Vir ’n vinnige oorsig oor die grootste families, Carabidae, Cerambycidae, Chrysomelidae, Scarabaeidae, Tenebrionidae, Ander families kliek op die verlangde familienaam vir ’n samestelling van elkeen.