Ons is nie bewus van 'n bestaande lys van motte vir die Waterberge nie. Die onderstaande lys bevat waarskynlik slegs 'n fraksie van die motte wat hier voorkom. Slegs die motte wat tot dusver in hierdie streek gefotografeer is, is in hierdie lys vervat. Deur op die spesienaam te kliek, kan die foto's besigtig word. Bitter min van die motte het Afrikaanse of Engelse name. Die wetenskaplike name is volgens die SANBI Lepidoptera-kontrolelys vir Suid-Afrika en verskil soms van ander kontrolelyste vir Afrika. In die lig van die streekstaksonomie van motte, kan veranderings verwag word. Enige bydraes tot hierdie lys word verwelkom, veral foto's van nuwe spesies en hul larwes.
Vir ’n vinnige oorsig oor die grootste families, Crambidae, Erebidae, Geometridae, Noctuidae, Saturnidae, Sphingidae, Ander families kliek op die verlangde familienaam vir ’n samestelling van elkeen.