Spinnekoppe: Familie Lycosidae

Algemene naam: Wolfspinnekoppe. Die meeste is vrylewende grondbewoners, sonder webbe alhoewel sommige gate in die grond bewoon. Party spesies is semi-waterliewend. Meestal dagliewend, maar sommige spesies is nagliewend. Beweeg baie vinnig en hardloop gewoonlik hul prooi in. Daar is 28 genera in Suid-Afrika. Die wyfie dra haar eiersakkie aan haar spintepels rond. Wanneer die eiers uitbroei, klim die kleintjies op die ma se agterlyf wat 3-30 mm lank is. Lycosid-families is maklik identifiseerbaar maar baie moeilik om tot op genusvlak te identifiseer. Dit is dan nodig om mikroskopiese ondersoeke van die geslagsdele te doen. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: algemeen. (Marita Beneke)
Hou die loper oor 'n foto vir die spesienaam; kliek op die foto vir meer detail oor die spesie.
Allocosa lawrencei female Amblyothele latedissipata female Evippomma squamulatum female Hogna spenceri Hogna spenceri Hogna transvaalica female
Hogna zuluana female Ocyale guttata female Ocyale guttata Pardosa crassipalpis female Pardosa crassipalpis male Pardosa species male
Pirata species Proevippa albiventris male Trabea purcelli female Zenonina mystacina    

home      tuis      spinnekoplys      spider list      next