Hou die loper oor 'n foto vir die spesienaam; kliek op die foto vir meer detail oor die spesie.
Spinnekoppe: Familie Agelenidae
Spinnekoppe: Familie Amaurobiidae
Spinnekoppe: Familie Ammoxenidae
Spinnekoppe: Familie Cheiracanthiidae
Spinnekoppe: Familie Corinnidae
Algemene naam: Mieragtigeendonkersakspinnekoppe. Dis ’n redeklikegrooten diverse familie. Meer as die helfte is grondlewendterwyl party op plantevoorkom. Sommigedoenhullevoor as miereenanderweerkomvoor in afvalblare. Grootte: 2-10 mm met lang dun bene. Voorkoms: algemeen. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Ctenidae
Spinnekoppe: Familie Deinopidae
Spinnekoppe: Familie Eresidae
Algemene naam: Fluweelspinnekoppe. Medium tot groot spinnekoppe met 'n sagte fluweelagtige voorkoms. Handhaaf diverse lewensstyle, maak webbe onder klippe of bas; gemeenskaplike neste in bome of ondergronds. (Spiders of the Savanna Biome – Dippenaar-Schoeman, Foord & Haddad). Die genus op die meegaande foto is Stegodyphus – Versamelnesspinnekoppe. Sommige van hulle is sosiaal en leef saam in groot kolonies, terwyl ander spesies alleenlopend is. Die web het verskeie tonnels en kamers in strukture soos heinings en struike en versprei vanuit die nes op 'n doekvormige wyse waarin die prooi gevang word. Voorkoms: skaars. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Hersiliidae
Algemene naam: Langspintepel-spinnekoppe. 3 genera en 11 spesies in Suid-Afrika. Diverse leefstyle. Vrylewend op bome en hulle is goed gekamoefleer om in die bas te versmelt. Besonder vinnig en hardloop rukkerig op soek na prooi. Kleurvariasie hang af van die kleur van die bas. Hulle val prooi aan deur dit te omsirkel en dan met sydrade toe te spin. Moeilik sigbaar, behalwe wanneer die son op die slordige gidsdrade skyn. Skadeloos vir mense. Voorkoms: skaars. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Idiopidae
Spinnekoppe: Familie Palpimanidae
Spinnekoppe: Familie Philodromidae
Algemene naam: Klein dwaalspinnekoppe. Hulle is grondliewend of plantliewend. Die grondliewende spesies is vrylopend en word dikwels onder klippe of spoelklippegevind en kom dikwels voor in gebiede wat wemel van termiete. Baie rats en vinnig met baie min haartjies op die lyf. Plantliewende spesies is ook vrylopend en kom gewoonlik op gras voor. Goed gekamoefleer en pas aan by gras, bas of blare. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: algemeen. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Pholcidae
Algemene naam: Pietlangpootspinnekoppe. In baie tropiese en subtropiese areas val die pholcids onder die dominante webspinnekoppe. Hulle kom wydverspreid in verskillende habitatte voor, van blaar afval tot boomtoppe en sommige spesies word in grotte gevind en ook in ons huise. Beide mannetjies en wyfies is tussen 2-10 mm groot. Wanneer hulle gesteur word, vibreer hulle hul lywe heftig in die rondte met hul bene steeds op die web. Hulle voed hoofsaaklik op miere en ander spinnekoppe, asook op die tsetsevlieg in Afrika. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: baie algemeen. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Phyxelididae
Spinnekoppe: Familie Scytodidae
Algemene naam: Spoegspinnekoppe. Daar is slegs een genus van hierdie familie in Suid-Afrika, naamlik Scytodes met 30 spesies (ADS) . Hulle spoeg gif op hul prooi en wanneer dit die prooi tref word dit 'n giftige, taai gom. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: skaars. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Segestriidae
Spinnekoppe: Familie Selenopidae
Algemene naam: Plat-muurspinnekoppe, portretspinnekoppe weens hul gewoonte om agter portrette te skuil. Vernoem na Selene, die Griekse maangodin. Nagliewend en vrylopend en baie goed gekamoefleer in hul natuurlike habitat, op of onder klippe en in bome. Hul plat lywe maak dit moontlik om in krake of smal skeure weg te kruip. In huise kan hulle maklik teen mure en op ander oppervlakke gesien word en kruip ook graag weg agter vloerlyste. Hulle is baie rats en kan vinnig in enige rigting beweeg. In Suider-Afrika kom twee genera voor, Selenops en Anyphops. Handige plaagbeheer om in die huis te hê, aangesien hulle voed op muskiete, vismotte en kakkerlakke. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: baie algemeen. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Sicariidae
Spinnekoppe: Familie Sparassidae
Algemene naam: Grootdwaal-krapspinnekoppe. Groot nagliewende spinnekoppe wat op plante voorkom op soek na prooi. Reënspinnekoppe (Palystes sp) kom baie dikwels in huise voor. Vang groot insekte asook klein reptiele en ander spinnekoppe. Maak groot syagtige neste tussen blare wat hulle met sydrade aanmekaar vasmaak. Die wyfie bewaak die nes vasbeslote totdat die klein spinnekoppies die nes verlaat, soms honderde van hulle. As gevolg van hul grootte is hulle nogal skrikaanjaend, maar hulle is skadeloos vir die mens. Voorkoms: skaars. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Tetragnathidae
Algemene naam: Groot kaakwaterspinnekoppe. Klein familie met 5 genera in Suid-Afrika. Die spesies wat tussen plante voorkom se kleure wissel van bruin na room na groen. Nagliewend maar ook soms bedags te sien. Maak hul wawielwebbe horisontaal oor wateroppervlakke. Die web word elke dag afgebreek en weer van nuuts af gespin. Die spinnekop vertoon soms soos droë gras aangesien die pote vorentoe en agtertoe gestrek is. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: algemeen. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Theridiidae
Algemene naam: Kamvoetspinnekoppe. Groot en diverse familie met 15 genera is Suid-Afika. Hierdie familie sluit in die genus Latrodectus, die weduwee- of knopiespinnekoppe. Daar is ongeveer 31 spesies giftige spinnekoppe in hierdie genus en daarom is hulle dan van mediesie belang. Die swartknopiespinnekop van Suider-Afrika het nie die rooi uurglas merk onder die abdomen nie maar kan 'n verskeidenheid rooi en geel merke op die dorsale abdomen hê. Gewoonlik is dit slegs 'n dowwe rooi kol bokant die spintepels. Die gladde eiersak, gewoonlik sferies of druppelvormig, is so groot soos 'n ertjie. Webbe is driedimensioneel, gemaak van 'n baie sterk sydraad en word gewoonlik buite gevind. Swart knopiespinnekoppe word beskou as die giftigste spinnekoppe in Suider-Afrika. Wanneer hulle gepla word, verkies hulle eerder om“dood te speel” as om te byt. Knopiespinnekopbyte moet ernstig opgeneem word en mediese behandeling moet toegepas word. Na 'n byt affekteer die gif die senustelsel en veroorsaak erge simptome in die liggaam asook lokale pyn. In Suid-Afrika is daar gelukkig 'n teengif beskikbaar. Oor die afgelope 60 jaar is daar geen menslike sterftes in Suid-Afrika aangeteken nie. Die bruin knopiespinnekop is ook giftig maar nie so ernstig nie. Voorkoms: baie algemeen. (Marita Beneke)
Spinnekoppe: Familie Trachelidae
Spinnekoppe: Familie Trochanteriidae
Spinnekoppe: Familie Uloboridae
Spinnekoppe: Familie Zodariidae