Spinnekoppe: Familie Oxyopidae
Algemene naam: Tierspinnekoppe. Prooi word hoofsaaklik op 'n katagtige manier gevang, dikwels deur dit te bekruip en dan te oorval. 3 Genera in Suid-Afrika. Oxyopids is dagliewend en vrylewend (dit beteken hulle is nie webgebonde nie). Kan gewoonlik op gras, struike ens gevind word. Oor die biologie van ons tierspinnekoppe is daar nie veel bekend nie. Hulle wissel van klein tot groot tussen 5-25 mm. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: baie algemeen. (Marita Beneke)
Hou die loper oor 'n foto vir die spesienaam; kliek op die foto vir meer detail oor die spesie.