Spinnekoppe: Familie Salticidae
Algemene naam: Springspinnekoppe. Wêreldwyd die grootste spinnekopfamilie met 67 genera en 265 spesies reeds in Suid-Afrika beskryf. Dagliewende, aktiewe jagters met uitstekende sig. Afhangend van die spesie, wissel die grootte 2-8 mm. Nie-aggressief en hoogs doeltreffend met plaagbeheer. Doen jouself 'n guns en gaan kyk op Google na hierdie pragtige en innemende klein spinnekoppies. Kyk ook na Vida van der Walt se Facebook-blad vir die mooiste foto’s – jy sal nie spyt wees nie. Meestal klein, 2-8 mm (afhangende van die spesie). Heeltemal skadeloos vir die mens. Moet hulle ASSEBLIEF nie doodmaak nie! Voorkoms: baie algemeen. (Marita Beneke)
Hou die loper oor 'n foto vir die spesienaam; kliek op die foto vir meer detail oor die spesie.