Spinnekoppe: Familie Araneidae

Algemene naam: Wawielwebspinnekoppe. 40 genera alleenlik in Suid-Afrika. Een van die interessantsteenmees diverse groepespinnekoppe met verskeievorms, kleure, vermommingenwebbe wat ditbaiemoeilikmaak om in detail op in tegaan. Dag- ennaglewend. Die daglewendespinnekoppeherstelvoortdurendhulwebbevir ’n paardae. Naglewendespinnekoppebouegterelkeaand ’n nuwe web en teen dagbreek word die hele web opgeëet, aangesiendit ’n kosbarebron van proteïen is. Elke spinnekopspesie het syeieuniekewebontwerp. Skadeloosvirmense. Voorkoms: baiealgemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Corinnidae

Algemene naam: Mieragtigeendonkersakspinnekoppe. Dis ’n redeklikegrooten diverse familie. Meer as die helfte is grondlewendterwyl party op plantevoorkom. Sommigedoenhullevoor as miereenanderweerkomvoor in afvalblare. Grootte: 2-10 mm met lang dun bene. Voorkoms: algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Eutichuridae

Algemene naam: Sakspinnekop. Medies van betekenis/belang. Langbeensakspinnekoppe kom algemeen voor. Naglewende jagters rus gedurende die dag in syagtige sakvormige skuilings, meestal in plantmateriaal. Kom gereeld binnenshuis en skuil in gordyn- of kledingvoue. Kaakkloue is groot en swart. Aangesien hulle gereeld in kontak kom met mense, is ongeveer 75% van spinnekopbyte in Suid-Afrika afkomstig van die sakspinnekop. Gif veroorsaak weefselafsterwing (sitotoksies) en neem weke om te herstel. Voorkoms: algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Erisidae

Algemene naam: Fluweelspinnekoppe. Medium tot groot spinnekoppe met 'n sagte fluweelagtige voorkoms. Handhaaf diverse lewensstyle, maak webbe onder klippe of bas; gemeenskaplike neste in bome of ondergronds. (Spiders of the Savanna Biome – Dippenaar-Schoeman, Foord & Haddad). Die genus op die meegaande foto is Stegodyphus – Versamelnesspinnekoppe. Sommige van hulle is sosiaal en leef saam in groot kolonies, terwyl ander spesies alleenlopend is. Die web het verskeie tonnels en kamers in strukture soos heinings en struike en versprei vanuit die nes op 'n doekvormige wyse waarin die prooi gevang word. Voorkoms: skaars.
           
Spinnekoppe: Familie Gnaphosidae

Algemene naam: Grondspinnekoppe. Grondspinnekoppe spin nie webbe nie en hardloop gewoonlik agter hulle prooi aan. Hulle is nagjagters en rus gedurende die dag. Hulle soek aktief na kos, jaag en oorval indiwiduele prooi. Hulle produseer 'n dik gomagtige sydraad waarmee groot en potensieel gevaarlike prooi suksesvol oorval word. Dié sydraad word om die prooi se bene en monde gespin en stel hulle so onskadelik. Skadeloos vir mense. Voorkoms: baie algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Hersiliidae

Algemene naam: Langspintepel-spinnekoppe. 3 genera en 11 spesies in Suid-Afrika. Diverse leefstyle. Vrylewend op bome en hulle is goed gekamoefleer om in die bas te versmelt. Besonder vinnig en hardloop rukkerig op soek na prooi. Kleurvariasie hang af van die kleur van die bas. Hulle val prooi aan deur dit te omsirkel en dan met sydrade toe te spin. Moeilik sigbaar, behalwe wanneer die son op die slordige gidsdrade skyn. Skadeloos vir mense. Voorkoms: skaars.
           
Spinnekoppe: Familie Lycosidae

Algemene naam: Wolfspinnekoppe. Die meeste is vrylewende grondbewoners, sonder webbe alhoewel sommige gate in die grond bewoon. Party spesies is semi-waterliewend. Meestal dagliewend, maar sommige spesies is nagliewend. Beweeg baie vinnig en hardloop gewoonlik hul prooi in. Daar is 28 genera in Suid-Afrika. Die wyfie dra haar eiersakkie aan haar spintepels rond. Wanneer die eiers uitbroei, klim die kleintjies op die ma se agterlyf wat 3-30 mm lank is. Lycosid-families is maklik identifiseerbaar maar baie moeilik om tot op genusvlak te identifiseer. Dit is dan nodig om mikroskopiese ondersoeke van die geslagsdele te doen. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Nephilidae

Algemene naam: Wawielwebspinnekoppe/Goue-wawielwebspinnekoppe. Nephilia-spesies kom voor in Suider-Afrika, waarvan een die grootste wawielwebspinnekop is. Hierdie wawielwebbe is groot en sterk genoeg om klein voëltjies te vang wat daarin sou vasvlieg. Almal van ons het seker al die ervaring gehad om in so 'n web vas te loop wat oor 'n voetpaadjie gespan is, net om die spinnekop op jou hoed of in jou hare te kry! Hierdie webbe kan enorm wees. Die Nephila fenestrata vorm soms gemeenskappe en dan word die webbe oormekaargespin wat 'n bykans ondeurdringbare gordyn vorm. Wanneer spinnekoppe van hierdie familie hulle prooi vang, word hy eers gebyt en dan toegespin. Hierdie spinnekoppe is nie gevaarlik vir die mens nie. Daar is een genus, Nephila, wat geel sydrade gebruik wat dus nie die algemene naam gestand doen nie. Voorkoms: algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Oxyopidae

Algemene naam: Tierspinnekoppe. Prooi word hoofsaaklik op 'n katagtige manier gevang, dikwels deur dit te bekruip en dan te oorval. 3 Genera in Suid-Afrika. Oxyopids is dagliewend en vrylewend (dit beteken hulle is nie webgebonde nie). Kan gewoonlik op gras, struike ens gevind word. Oor die biologie van ons tierspinnekoppe is daar nie veel bekend nie. Hulle wissel van klein tot groot tussen 5-25 mm. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: baie algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Philodromidae

Algemene naam: Klein dwaalspinnekoppe. Hulle is grondliewend of plantliewend. Die grondliewende spesies is vrylopend en word dikwels onder klippe of spoelklippegevind en kom dikwels voor in gebiede wat wemel van termiete. Baie rats en vinnig met baie min haartjies op die lyf. Plantliewende spesies is ook vrylopend en kom gewoonlik op gras voor. Goed gekamoefleer en pas aan by gras, bas of blare. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Pholcidae

Algemene naam: Pietlangpootspinnekoppe. In baie tropiese en subtropiese areas val die pholcids onder die dominante webspinnekoppe. Hulle kom wydverspreid in verskillende habitatte voor, van blaar afval tot boomtoppe en sommige spesies word in grotte gevind en ook in ons huise. Beide mannetjies en wyfies is tussen 2-10 mm groot. Wanneer hulle gesteur word, vibreer hulle hul lywe heftig in die rondte met hul bene steeds op die web. Hulle voed hoofsaaklik op miere en ander spinnekoppe, asook op die tsetsevlieg in Afrika. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: baie algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Pisauridae

Algemene naam: Visvangspinnekoppe, kinderkamer-webspinnekoppe, tregterwebspinnekoppe. Groot kosmopolitaanse familie – in Suid-Afrika is daar 12 genera en 36 spesies. Sommige pisaurids spin webbe en ander is vrylopend. Lyfgrootte 8-30 mm en die mannetjies is slanker. Webbe wissel van plaatwebbe met tregtervormige skuilings tot plaatwebbe op plante of op die grond. Vroegoggend kan die webbe gesien word as die son daarop skyn. Pisaurids kom in verskeie habitatte voor. Die wyfie dra die eiersak onder haar borsbeen totdat die kleintjies moet uitkom. Dan spin sy 'n raamwerk van sy waarin sy die eiersak deponeer. Dit staan bekend as die kinderkamerweb. Die klein spinnekoppies bly in hierdie kinderkamer tot hulle gereed is om uit te beweeg. In hulle poging om die kleintjies te beskerm, kan die wyfies soms van honger doodgaan. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: baie algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Salticidae

Algemene naam: Springspinnekoppe. Wêreldwyd die grootste spinnekopfamilie met 67 genera en 265 spesies reeds in Suid-Afrika beskryf. Dagliewende, aktiewe jagters met uitstekende sig. Afhangend van die spesie, wissel die grootte 2-8 mm. Nie-aggressief en hoogs doeltreffend met plaagbeheer. Doen jouself 'n guns en gaan kyk op Google na hierdie pragtige en innemende klein spinnekoppies. Kyk ook na Vida van der Walt se Facebook-blad vir die mooiste foto’s – jy sal nie spyt wees nie. Meestal klein, 2-8 mm (afhangende van die spesie). Heeltemal skadeloos vir die mens. Moet hulle ASSEBLIEF nie doodmaak nie! Voorkoms: baie algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Scytodidae

Algemene naam: Spoegspinnekoppe. Daar is slegs een genus van hierdie familie in Suid-Afrika, naamlik Scytodes met 30 spesies (ADS) . Hulle spoeg gif op hul prooi en wanneer dit die prooi tref word dit 'n giftige, taai gom. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: skaars.
           
Spinnekoppe: Familie Selenopidae

Algemene naam: Plat-muurspinnekoppe, portretspinnekoppe weens hul gewoonte om agter portrette te skuil. Vernoem na Selene, die Griekse maangodin. Nagliewend en vrylopend en baie goed gekamoefleer in hul natuurlike habitat, op of onder klippe en in bome. Hul plat lywe maak dit moontlik om in krake of smal skeure weg te kruip. In huise kan hulle maklik teen mure en op ander oppervlakke gesien word en kruip ook graag weg agter vloerlyste. Hulle is baie rats en kan vinnig in enige rigting beweeg. In Suider-Afrika kom twee genera voor, Selenops en Anyphops. Handige plaagbeheer om in die huis te hê, aangesien hulle voed op muskiete, vismotte en kakkerlakke. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: baie algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Sparassidae

Algemene naam: Grootdwaal-krapspinnekoppe. Groot nagliewende spinnekoppe wat op plante voorkom op soek na prooi. Reënspinnekoppe (Palystes sp) kom baie dikwels in huise voor. Vang groot insekte asook klein reptiele en ander spinnekoppe. Maak groot syagtige neste tussen blare wat hulle met sydrade aanmekaar vasmaak. Die wyfie bewaak die nes vasbeslote totdat die klein spinnekoppies die nes verlaat, soms honderde van hulle. As gevolg van hul grootte is hulle nogal skrikaanjaend, maar hulle is skadeloos vir die mens. Voorkoms: skaars.
           
Spinnekoppe: Familie Tetragnathidae

Algemene naam: Groot kaakwaterspinnekoppe. Klein familie met 5 genera in Suid-Afrika. Die spesies wat tussen plante voorkom se kleure wissel van bruin na room na groen. Nagliewend maar ook soms bedags te sien. Maak hul wawielwebbe horisontaal oor wateroppervlakke. Die web word elke dag afgebreek en weer van nuuts af gespin. Die spinnekop vertoon soms soos droë gras aangesien die pote vorentoe en agtertoe gestrek is. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Theraphosidae

Algemene naam: Bobbejaanspinnekoppe. Suid-Afrika beskik oor 'n ryk verskeidenheid bobbejaanspinnekoppe. Daar is agt genera en 44 spesies waarvan 35 endemies aan die streek is. Die spinnekop het 'n harige voorkoms asook kussinkies onder sy “pote” wat herinner aan die kleur en tekstuur van 'n bobbejaan se vinger, vandaar die algemene naam. Hierdie grondspinnekoppe bly meesal in hul gate en beweeg gewoonlik nie ver daarvan nie. Die meeste bobbejaanspinnekoppe is nagdiere en hulle sit en wag binne die ingang van hul gate op hul prooi. Hulle is karnivore en voed op 'n verskeidenheid ongewerweldes soos kewers, sprinkane, duisendpote, kakkerlakke, krieke asook ander spinnekoppe. Hulle is ook kannibalisties: die jonges eet mekaar en na paring eet die wyfies gereeld die mannetjies. Hulle word nogal oud en dit neem tot 10 jaar om volwassenheid te bereik. Bobbejaanspinnekoppe leef tussen 15 tot 20 jaar, terwyl sommige spinnekopspesies slegs vir een jaar leef. Dit is ook gedokumenteer dat wyfies meer as 30 jaar oud kan word. Daar is geen mediese bewyse dat bobbejaanspinnekopgif enige nadelige effek op die mens het nie. Voorkoms: skaars en bedreig.
           
Spinnekoppe: Familie Theridiidae

Algemene naam: Kamvoetspinnekoppe. Groot en diverse familie met 15 genera is Suid-Afika. Hierdie familie sluit in die genus Latrodectus, die weduwee- of knopiespinnekoppe. Daar is ongeveer 31 spesies giftige spinnekoppe in hierdie genus en daarom is hulle dan van mediesie belang. Die swartknopiespinnekop van Suider-Afrika het nie die rooi uurglas merk onder die abdomen nie maar kan 'n verskeidenheid rooi en geel merke op die dorsale abdomen hê. Gewoonlik is dit slegs 'n dowwe rooi kol bokant die spintepels. Die gladde eiersak, gewoonlik sferies of druppelvormig, is so groot soos 'n ertjie. Webbe is driedimensioneel, gemaak van 'n baie sterk sydraad en word gewoonlik buite gevind. Swart knopiespinnekoppe word beskou as die giftigste spinnekoppe in Suider-Afrika. Wanneer hulle gepla word, verkies hulle eerder om“dood te speel” as om te byt. Knopiespinnekopbyte moet ernstig opgeneem word en mediese behandeling moet toegepas word. Na 'n byt affekteer die gif die senustelsel en veroorsaak erge simptome in die liggaam asook lokale pyn. In Suid-Afrika is daar gelukkig 'n teengif beskikbaar. Oor die afgelope 60 jaar is daar geen menslike sterftes in Suid-Afrika aangeteken nie. Die bruin knopiespinnekop is ook giftig maar nie so ernstig nie. Voorkoms: baie algemeen.
           
Spinnekoppe: Familie Thomisidae

Algemene name: krapspinnekoppe, blom-krapspinnekoppe, gras-krapspinnekoppe, grond-krapspinnekoppe ens. In Suider-Afrika is daar 39 genera met ongeveer 140 spesies. Vrylopende plantbewoners, gewoonlik op blare te vind. Slegs 'n paar genera is grondbewoners. Hulle kleure wissel van helder kleure (pienk, groen en geel) tot donkerbruin of grys, met die abdomen soms gevlek. Grootte: 3-34 mm. Geen webbe en wanneer onaktief, skuil hulle onder plant- of grondbedekking. Stel 'n lokval vir prooi. Kom volop voor op gewasse en speel sodoende 'n belangrike rol in die kontrolering van peste soos plantluise, rooispinnekopmyte en blaaspootjies. Word deur wind versprei. Is skadeloos vir die mens. Voorkoms: algemeen.
           

home      tuis      spinnekoplys      spider list