Die Lepidoptera Vereniging van Suid-Afrika het in Januarie 2018 die lys van 242 spesies van die Waterberge vasgestel. ’n Berekeningsblad hiervan kan hier afgelaai word. Spesies wat reeds gefotografeer is, is met gemerk en hierdie foto’s kan besigtig word deur op die spesienaam te klik. Byvoegings tot hierdie baie onvolledige versameling, sal waardeer word.
Spesies (op die Rooi Data-lys en/of endemies) is inrooi uitgelig.
Vir ’n vinnige oorsig oor elkeen van die vyf families, Nymphalidae, Lycaenidae, Pieridae, Papilionidae, Hesperiidae kliek op die verlangde familienaam vir ’n samestelling van elkeen.
Die meeste skoenlappers wat in die Waterberge voorkom, is bosveldspesies. Daar is egter twee endemiese spesies met uiters beperkte gebiede: Dingana jerinae is beperk tot die hoogliggende area in en om Marakele Nasionale Park en die Waterbergkopertjie Erikssonia edgei (op die Rooi Data-lys) is beperk tot ‘n paar hektaar grasveld in die Bateleur Natuurreservaat. Kry hier meer inligting. ’n Derde gebiedsgebonde spesie, Barber's Acraea Acraea barberi, is feitlik endemies aan die Waterberge.
Dit sal waardeer word as enige gedateerde foto’s met GPS-koordinate van skoenlappers aan die Atlas of African Lepidoptera gestuur kan word. Soedoende kan meer inligting oor die skoenlappers van die Waterberge ingesamel word. Die webblad is bekend as LepiMap en alle inligting rakende plasings kan gekry word by vmus.adu.org.za. Foto’s om hier te plaas, sal ook welkom wees.
Publikasie: Mecenero et al. 2013. Conservation assessment of butterflies of South Africa, Lesotho and Swaziland: Red list and atlas. Saftronics, Johannesburg & Animal Demography Unit, Cape Town.